Kamee: Kortverhale

UJ Press
Ebook
50
Pages
Eligible

About this ebook

'n Vars nuwe stem in Afrikaans. Die verhale in hierdie bundel belig uiteenlopende karakters, milieus en temas. Hattingh gooi die net wyd: in een verhaal neem 'n Hindoe-meisie wraak ná haar Joodse kêrel se verraad; in 'n ander word 'n 4x4 die middelpunt van 'n boeretroue. Daar is huwelike wat verbrokkel, ouers en kinders, slagters en vegetariërs, rebelle en randfigure. 'n Stem met sensitiwiteit en insig is egter telkens aan die woord, en bind die verhale nie slegs tot eenheid saam nie, maar dwing die leser tot nadenke.

“Hattingh se skryfstyl kan bestempel word as toeganklik en onopgesmuk. Die uiteenlopende karakters uit alle lae van Suid-Afrika se demografie doen eg aan,

juis as gevolg van die egtheid van realistiese taalgebruik wat ook moderne mengeltaal

insluit. Die verhale in die bundel belig én lewer kommentaar op benouende en herkenbare sosiale en etiese kwessies binne die alledaagse Suid-Afrikaanse werklikheid: owerspel

en egskeiding, geloof, kanker en verlies, armoede en bedelaars by verkeersligte, maar ook op ligter noot: mans se obsessie met bakkies en sport en fiksheid.” Adéle Nel, Tydskrif vir letterkunde. https://doi.org/10.4314/tvl.v53i1.23

Die stilistiese aanslag in Kamee dui op: “‘n opsetlike afbreek van die diskursiewe opposisie tussen teorie en vertelling. Die verwysings is verhuld en op haar beste is haar vertellings onthoubaar en geskakeerd” (Hambidge, 2015). https://joanhambidge.blogspot.com/search?q=roela+hattingh

“As skrywer beïndruk Hattingh veral met die wyse waarop sy uiteenlopende en oënskynlik onversoenbare dinge in die bestek van ’n paar bladsye op subtiele wyse met mekaar integreer” (Human, 2015). https://www.litnet.co.za/boekresensie-kamee-deur-roela-hattingh/

Kamee ontvang die Nadine Gordimer kortverhaal (SALA) en UJ debut prys vir Kreatiewe Skryfkuns in Afrikaans in 2016.

Roela Hattingh is gepla met stories. Sy noem dat dit towerkrag uit die alledaagse, en durf en genade uit die onverklaarbare ontsluit. As onderwyser, strateeg, navorser, kreatiewe skrywer en student vind sy vreugde in oomblikke van samehang—wanneer betekenis te voorskyn tree in gesprekke, uit teenstrydige perspektiewe en klein geskiedenisse en onbenullighede.

Hattingh is ’n multidissiplinêre akademikus en Q-metodologie navorser, gee klas, maak kunstenaarsboeke en bied kopieskryf en kreatiwiteitswerkswinkels aan. Sy behaal haar PhD in Strategiese Kommunikasie by die Universiteit van Johannesburg en MA in kreatiewe skryfkuns (Cum Laude) by die Universiteit van Pretoria.

About the author

Hattingh is ’n multidissiplinêre akademikus en Q-metodologie navorser, gee klas, maak kunstenaarsboeke en bied kopieskryf en kreatiwiteitswerkswinkels aan. Sy behaal haar PhD in Strategiese Kommunikasie by die Universiteit van Johannesburg en MA in kreatiewe skryfkuns (Cum Laude) by die Universiteit van Pretoria.

Rate this ebook

Tell us what you think.

Reading information

Smartphones and tablets
Install the Google Play Books app for Android and iPad/iPhone. It syncs automatically with your account and allows you to read online or offline wherever you are.
Laptops and computers
You can listen to audiobooks purchased on Google Play using your computer's web browser.
eReaders and other devices
To read on e-ink devices like Kobo eReaders, you'll need to download a file and transfer it to your device. Follow the detailed Help Center instructions to transfer the files to supported eReaders.