Jou belangrikste Medihelp-sake is nou in die holte van jou hand met ons nuwe Medihelp-lidapplikasie.
Gebruik dieselfde intekenbesonderhede as vir ons gesekerde webtuiste – jou lidnommer en die wagwoord wat jy dáár gebruik. Kliek hier as jy nog nie op die gesekerde webtuiste geregistreer het nie. https://toolbox.medihelp.co.za/Member/Register
Nou kan jy ons webtuiste besoek, jou naaste netwerkverskaffer opspoor of sien hoe jy ons kan kontak.
Lidmaatskap + Dra jou lidkaart met jou saam en e-pos of Bluetooth dit sommer aan jou dokter. + Verander jou persoonlike of kontakbesonderhede met jou foon. + Gaan jou uitsluitings of laataansluitingsbeladings na. + Vra selfs ’n uiteensetting van jou ledegeld in ’n japtrap aan.
Eise en voordele + Dien ’n eis met behulp van jou foonkamera in. + Doen aansoek om voorafgoedkeuring vir jou hospitaalopname. + Kyk hoeveel voordele jy nog vir spesifieke dienste beskikbaar het. + Gaan jou spaarrekeningbalans na.
Diensverskaffers + Spoor jou naaste netwerkdokter op. + Laai ’n kaart af om presies te sien waar hy/sy geleë is.
Kontak ons + Kry al die Medihelp-telefoonnommers wat jy benodig. + Kry die GPS-koördinate van ons hoofkantoor of enige van ons streekkantore.
Opgedateer op
26 Feb. 2024
Besigheid
Dataveiligheid
arrow_forward
Veiligheid begin wanneer jy verstaan hoe ontwikkelaars jou data insamel en deel. Praktyke vir dataprivaatheid en -sekuriteit kan verskil op grond van jou gebruik, streek en ouderdom. Die ontwikkelaar het hierdie inligting verskaf en kan dit mettertyd opdateer.