Die OVK Groep, met sy hoofkantoor in Ladybrand, is 'n vooruitstrewende landboumaatskappy in Suid-Afrika. Die OVK Groep streef voortdurend daarna om sy dienste aan alle belangstellendes uit te brei en te verbeter.
Die maatskappy is sterk gediversifiseer met aktiwiteite in verskeie landbougebiede en lewer 'n wye reeks produkte en dienste aan sy kliënte. Die mandjie produkte wat OVK van sy produsente aankoop en aan sy kliënte verskaf, is ook goed gediversifiseer (bv. wol, bokhaar, vee, graan, lusern, landbou-insette, meganisasie, ens.). Hierdie produkte word in ekstensiewe droëland-, besproeiings- en ekstensiewe weidingsdele van ons land geproduseer, en OVK verskaf volle ondersteuning in hierdie waardeketting.
Die OVK-toepassing bied jou die volgende:
- Ons veilingplatform in die palm van jou hand
- Ons winkel vir al jou landboubehoeftes
- Regstreekse opdaterings oor alles OVK
- Toegang tot ons promosies en kompetisies
- Regstreekse opdaterings van graanpryse
Opgedateer op
18 Aug. 2025