Radio Tygerberg 104FM

5,0
965 resensies
10 k+
Aflaaie
Inhoudgradering
Almal
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent

Meer oor hierdie app

Ons is radio. Tygerberg 104FM is ’n Christen Gemeenskapsradiostasie wat in 1993 teen die Tygerberg geplant is en gegroei het tot die grootste en mees suksesvolle gemeenskapradiostasie in die Wes-Kaap. Met ‘n luistertal van 415 927 (AMPS2013A) is Tygerberg 104FM ook die grootste Christen Gemeenskapsradiostasie in Suid-Afrika.

Omdat die voorsiening in die spesifieke behoeftes van ons gemeenskap Tygerberg 104FM se hartklop is, is die gehalte van ons toerusting, voortdurende opleiding van ons personeel en deurbraak innovering van ons programme, musiek, promosies en advertensies daarop gefokus om lewende klanke aan die luisteraar-oor te bring.

Getrou aan die karakter van Tygerberg 104FM se visie en missie, streef ons voortdurend daarna om die gemeenskap vir wie ons uitsaai te bedien op maniere wat veel wyer strek as net uitsaai. Tygerberg 104FM se volgehoue teenwoordigheid in die gemeenskap is vir ons baie belangrik. Die radiostasie het oor die jare sterk en standhoudende vennootskappe gevorm met korporatiewe maatskappye sowel as individue wat ons in staat stel om ‘n verskil te maak in die lewens van mense wat dikwels ontneem is van die basiese lewensmiddele om te kan oorleef.

Ons is bevoorreg om oor ‘n span toegewyde personeellede te beskik wat die behoeftes in die gemeenskap identifiseer en opkom met innoverende idees om in daardie behoeftes te voorsien deur middel van kompetisies, uitreike, buite-uitsendings of om eenvoudig net betrokke te raak by betekenisvolle gemeenskapsprojekte.
Opgedateer op
29 Jun. 2023

Dataveiligheid

Veiligheid begin wanneer jy verstaan hoe ontwikkelaars jou data insamel en deel. Praktyke vir dataprivaatheid en -sekuriteit kan verskil op grond van jou gebruik, streek en ouderdom. Die ontwikkelaar het hierdie inligting verskaf en kan dit mettertyd opdateer.
Hierdie app kan die volgende datasoorte met derde partye deel
Ligging en Toestel- of ander ID's
Hierdie app kan die volgende datasoorte insamel
Ligging, Appinligting en -werkverrigting en Toestel- of ander ID's
Data word nie geënkripteer nie

Graderings en resensies

5,0
929 resensies
Salome Klein
15 Oktober 2025
dis leke om na hulle te luister
Was dit vir jou nuttig?

Appsteundienste

Foonnommer
+27823795071
Meer oor die ontwikkelaar
TRUTHTV (PTY) LTD
chris@truthtv.com
CNR WILLIAMS AND FAIRFIELD SOUTH ST CAPE TOWN 7500 South Africa
+27 83 414 9254