Van die vervaardigers van Renkoors (Racing Fever) kom nou ‘n splinternuwe motorren ervaring!
In hierdie speletjie het ons al die adrenalien, pret en opwinding wat ‘n paar bande jou kan bied vermeng met mekaar. Met die ongelooflike wedren-ervaring en asemrowende grafika sal dit nie vir jou moontlik wees om jou foon neer te sit nie.
4 verskillende kamerahoeke
Vir ‘n meer realisitiese ervaring kan jy speel vanuit jou renjaer se oogpunt of jou beheer verhoog op die wedren deur verskeie kamerahoeke te gebruik.
Realisties-gemodelleerde motorfietse
Ons het 16 verskillende motorfietse gemodelleer vir jou tot in die fynste besonderheid. Maak jou keuse, verbeter sy werkverrigting, pas sy ontwerp aan en begin resies jaag.
‘n Wedren-avontuur met vier verskillende bendeleiers en dosyne vlakke
4 verskillende streke en 4 genadelose bendeleiers! Dosyne verskillende wedrensoorte in verskillende seisoene in ‘n ongelooflike atmosfeer wag op jou. Verslaan al 4 leiers om te bewys dat jy die beste renjaer is!
4 verskillende beheer-opsies
Ons weet dat geen renjaers dieselfde is nie! Ons het ‘n beheer-opsie ingesluit om julle almal tevrede te stel. Beheer jou motorfiets deur jou foon skuins te hou of te raak aan die skerm. Jy het geen verskonings oor om die wedren te wen nie!
Ondersteuning in 23 verskillende tale
Moenie bekommerd wees nie, ons verstaan en praat dieselfde taal as jy!
Ontsnappingsmodus
In hierdie speletjie is spoedbeperkings ingestel om gebreek te word! Onthou, dit is net jy en jou motorfiets wanneer jy die polisie probeer ontvlug!
Daaglikse Bonus Modus
Ons het nie vergeet om ‘n modus by te voeg waar jy daagliks resies kan jaag om waardevolle geskenke te wen nie!
Privaatmodus
Jy kan die tyd van die dag instel, weerstoestande, dightheid, spoed en vloei van verkeer en selfs die aantal polisielede! Jy stel die reëls in, jy wen die wedren!
Asseblief, moenie vergeet om met ons in aanraking te kom oor jou terugvoer en voorstelle nie!
Opgedateer op
05 Aug. 2024