AndStatus is 'n oopbron-kliënt vir veelvuldige rekeninge vir verskeie sosiale netwerke, insluitend Mastodon, ActivityPub (kliënt na bediener), GNU social en Pump.io.
AndStatus kan jou feeds van alle netwerke in een tydlyn kombineer,
en dit laat jou toe om te lees en te plaas selfs wanneer jy vanlyn is.
Vir Android v.7.0+ toestelle.
Onderskeiende kenmerke van AndStatus:
1. Baie rekeninge in verskillende sosiale netwerke. Jy kan verskeie rekeninge in elkeen hê, skryf/antwoord as enige "Jy" en deel tussen rekeninge en netwerke.
2. Jy hoef nie aanlyn te wees om tydlyne te lees en om jou opdaterings te plaas nie: konsepte en ongestuurde plasings word selfs ná herselflaai gehou. Hulle sal gestuur word wanneer jou toestel Aanlyn is.
3. Gerieflike boomagtige "Gespreksaansig".
4. "Globale soektog" wat jou toelaat om publieke notas in alle netwerke te soek met een navraag.
5. Lys van vriende en volgelinge, aangebied as gebruikerslyste en as tydlyne (met die jongste nota deur elke gebruiker).
6. Notas (tweets)/avatars/aangehegte beelde word periodiek in 'n agtergrond gesinkroniseer, wanneer jou toestel 'n goeie verbinding het. By verstek word aanhegsels slegs via Wi-Fi afgelaai.
7. Gekasdata kan vir jare of slegs vir 'n paar dae gestoor word - dit is jou keuse.
8. Rugsteun rekeninge en notas en herstel dit op enige van jou toestelle. Besit jou data!
9. Gratis en sonder advertensies, gemeenskap ondersteun.
Sien 'n veranderingslogboek vir beskrywings van alle kenmerke van AndStatus met skakels na hul besprekings:
http://andstatus.org/changelog.html
Opgedateer op
06 Des. 2023