Knitting and Crochet Buddy

Bevat advertensiesInprogram-aankope
4,4
1,99 k resensies
100 k+
Aflaaie
Inhoudgradering
PEGI 3
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent

Meer oor hierdie program

Knitting and Crochet Buddy (Knitting Buddy) is 'n alles in een applikasie wat jou toelaat om tred te hou met vele hekel- en breiprojekte. Knitting Buddy het 'n rymeter, herhalingsmeter, projekuurglas, nota fasiliteit, liniaal, flitslig en dit vertoon selfs die patroon op die projekblad! Ideaal vir wanneer jy kant breiwerk doen. Die applikasie is oorspronklik vir breiwerk geskryf, maar dit werk net so goed vir hekelwerk.

Knitting Buddy is nie net 'n standaard rymenter nie, dit is 'n ware brei- en hekelprojek bestuurder! Hier is meer details oor die fantastiese applikasie:

VEELVOUDIGE PROJEKTE: Jy kan soveel projekte laai soos wat jy wil, elke projek kan individueel verander word.

RYMETER: Hou tred met die rye in jou projekte. Die rymeter vertoon groot op jou projekblad sodat jy maklik kan tred hou met waar jy in die projek is.

HERHALINGSMETER: Hou tred met jou herhalingsrye, jy kan ook die rymeter en die herhalingsmeter koppel. Die hoeveelheid rye wat herhaal word kan jy verander op die Projek Stellings blad.

VERTOON PATROON: Neem 'n afdruk van jou patroon en vertoon dit op die hoof projekblad. Dit is so handig, aangesien dit die ronddra van 'n patroon heeltemal uitskakel!

WAAR IS MY PENNE?: Hou tred van al jou penne! Die oulike applikasie vertoon in Amerikaans, Metrieke en Britse mates. Dit wys ook of 'n pen tans in gebruik is.

PROJEK UURGLAS: Al ooit gewonder hoe lank dit werklik neem om 'n projek te voltooi? Hierdie oulike uurglas laat jou toe om elke projek se tyd vas te stel, wat dit jou neem om te maak. Dit moet met die hand aan en af geskakel word. Ideaal vir diegene wat hulle handwerk verkoop.

LINIAAL: Moeg daarvoor om elke keer 'n klomp liniale en maatbande saam te moet dra? Gebruik die applikasie om spanning vinnig te kan bepaal.

NOTAS: Hou tred van al jou projek notas, bv. Breidraad, breidraad gewig, penne, spanning en ander notas. Epos die ontwikkelaar indien jy enige voorstelle het.

GLOBALE – en PROJEKSTELLINGS: Maak jou Knitting Buddy ondervinding heeltemal uniek! Jy kan die skerm stel om sekere funksies te vertoon en ander weg te steek..

VORDERING: Stel die totale hoeveelheid rye op vir jou projek, en Knitting Buddy werk outomaties die persentasie wat jy reeds voltooi het uit!

VOEG FOTOS By: Voeg fotos van jou projek in die stadiums van maak by jou projekblad. Jy kan selfs notas by elke foto voeg om aanpassings, ens te onthou. Fantasties vir diegene wat hulle eie patrone skep, of vir diegene wat hulle handwerk verkoop.

FLITSLIG: Verander jou produk te kamera in 'n flitslig om moeilike steke te vind!

PRO INTEKEN OPSIE: Verwyder alle advertensies en kry die geleentheid om jou projek tema te kan verander.

VERANDER PROJEK TEMA: Verander die standaard knopies in 'n verkeidenheid van oulike temas!

BREI- EN HEKELPEN TABELLE: Verander breipen groottes tussen metrieke-, Amerikaanse- en Britse mates, en hekelpenne tussen letter-, numeriese- en metrieke mates.

AFKORTINGS: Die mees algemeenste afkortings is gelys vir jou gerief. Die afkortings is in Amerikaanse terme. Die verklaring in Afrikaans.

BREIDRAAD TABEL: Inligting om die korrekte breidraad vir jou projek te kies.

SOKKIE TABEL: Algemene voetgroottes vir mans, dames en kinders!

Knitting Buddy is nou op Ravelry – sluit aan by die Knitting Buddy groep by: http://www.ravelry.com/groups/knitting-buddys-buddies

Engelse na Afrikaanse Vertaling deur: Trudie van Dyk
Opgedateer op
24 Jul. 2020

Dataveiligheid

Veiligheid begin wanneer jy verstaan hoe ontwikkelaars jou data insamel en deel. Praktyke vir dataprivaatheid en -sekuriteit kan verskil op grond van gebruik, streek en ouderdom. Die ontwikkelaar het hierdie inligting verskaf en kan dit mettertyd opdateer.
Geen data word met derde partye gedeel nie
Kom meer te wete oor hoe ontwikkelaars datadeling verklaar
Hierdie program samel dalk hierdie datasoorte in
Persoonlike inligting en Toestel- of ander ID's
Data word nie geënkripteer nie

Graderings en resensies

4,5
1,68 k resensies

Wat's nuut

Maintenance and bug fixes