Hoe Honkai: Star Rail ons 2023-topspeletjie was

Die wydstrekkende interstellêre saga Honkai: Star Rail het ons verbeelding vanjaar aangegryp en Play se beste speletjie van 2023 geword. Een van die sleutelmense agter die sukses daarvan is David Jiang, wat deur die jare ’n beduidende rol as ’n produksieleier en draaiboekskrywer gespeel het. Ons het met hom gesels oor wat dit behels om só ’n skouspelagtige ervaring te skep.
Speletjie van die jaar
Honkai: Star Rail
COGNOSPHERE PTE. LTD.
Inprogram-aankope
3,2
477 k resensies
10 m+
Aflaaie
Inhoudgradering
Tiener
  1. 1
    Get on board with miHoYo's highly anticipated follow-up to Genshin Impact for a journey into the stars
  2. 2
    Play an exceptional space fantasy with deep turn-based combat and multiple character advancement systems
  3. 3
    Navigate a fully 3D environment with touch or a Bluetooth controller and get immersed in the rich storyline
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Play: Geluk daarmee om as die beste speletjie van 2023 aangewys te word. Wat beteken dit vir jou en jou span?
David Jiang: Baie dankie! Die wen van hierdie toekenning is ’n geweldige bron van trots en vreugde vir ons span. Dis ’n aanduiding van ons toewyding, onvermoeide werk, kreatiwiteit en passie om Honkai: Star Rail te maak. Dit motiveer ons verder om grense te verskuif, te innoveer, en ons speletjie deurlopend te verbeter.
Ons beskou dit as ’n bevestiging van ons visie en ’n kragtige aanmoediging om aan te hou om die standaard in die speletjiesbedryf te verhoog.
Honkai: Star Rail se vervaardiger David Jiang
Hoe het julle gebruikers se verwagtinge ná die sukses van sowel Honkai Impact 3rd as Genshin Impact bestuur?
Ons is dankbaar teenoor al ons aanhangers wêreldwyd vir hul onwrikbare ondersteuning, wat ons in staat stel om nuwe projekte te bly ontwikkel. Ons is daartoe verbind om aan te hou om buitengewone speelervarings met Honkai: Star Rail te lewer – ons eerste poging om wetenskapfiksiekonsepte en die beurtgegronde genre te verken. HoYoverse se visie is om diverse inhoud te skep wat spelers kan geniet.
Honkai: Star Rail
COGNOSPHERE PTE. LTD.
Inprogram-aankope
3,2
477 k resensies
10 m+
Aflaaie
Inhoudgradering
Tiener
Wat het dit behels om só ’n omvattende en gedetailleerde wêreld en lore te skep?
Dit behels ’n delikate balans tussen narratiewe diepte en meesleurende speluitleg. Ons span doen beduidende moeite om diverse en goed omskrewe faksies, karakters met verwikkelde agtergronde en ’n tydlyn wat konteks gee aan hoe die storie verloop, te skep. Elke element word noukeurig in ag geneem om tot die ryk en samehangende voorstelling van die speletjie se omgewing by te dra.
Die speluitlegmeganika speel ook ’n sentrale rol om ons lore lewe te gee. Die konsep van die gesimuleerde heelal is byvoorbeeld nie net ’n speluitlegkenmerk nie; dis onlosmaaklik aan die storie verbind. Die ewekansige kaarte en vyande in die gesimuleerde heelal weerspieël die Honkai se chaotiese aard en maak ’n dinamiese en onvoorspelbare spelerervaring moontlik terwyl dit aan die lore getrou bly.
Wat het julle deur die loop van die ontwikkelingproses geleer?
Ononderbroke spelerbetrokkenheid is van die grootste belang. Deur aktief na gemeenskapterugvoer te luister kan ons spelervoorstelle en -voorkeure by ons opdaterings inkorporeer, wat verseker dat die speletjiewêreld op grond van spelerervarings ontwikkel.
Ons het byvoorbeeld in weergawe 1.3 die Trailblaze Power-limiet verhoog sodat spelers oorskotkrag kan berg, wat tot opwindender en vloeiende avonture en uitdagings lei. Hierdie herhalende proses beteken dat ons ’n dinamiese en ontwikkelende omgewing skep waarby die gemeenskap aansluiting sal vind.
Honkai: Star Rail
COGNOSPHERE PTE. LTD.
Inprogram-aankope
3,2
477 k resensies
10 m+
Aflaaie
Inhoudgradering
Tiener
Hoe het julle dit benader om ’n speletjie te skep wat so sonder gesukkel op verskeie toestelle werk?
Toeganklikheid is puntenerig geprioritiseer sonder om gehalte prys te gee. Die speluitlegmeganika is in die eerste plek met aanpasbaarheid in gedagte ontwerp. Dit beteken dat kontroles, UI-elemente en grafika geoptimeer is om by elke platform se unieke kenmerke en beperkings te pas, wat ’n vloeiende en genotvolle ervaring verseker of jy nou ’n hoëvlakspeletjierekenaar of ’n mobiele toestel gebruik.
Ons het ook die speletjie se infrastruktuur ontwerp om die diverse tegniese spesifikasies van verskillende toestelle te hanteer. Dit sluit in versoenbaarheid met verskillende skermgroottes, -resolusies en -aspekverhoudings. Deur hierdie variasies in ag te neem kan ons ’n konsekwente en genotvolle ervaring bied ongeag watter toestel spelers kies.
Honkai: Star Rail
COGNOSPHERE PTE. LTD.
Inprogram-aankope
3,2
477 k resensies
10 m+
Aflaaie
Inhoudgradering
Tiener
Kan jy ons ’n voorskou gee van waarna ons in 2024 in Honkai: Star Rail kan uitsien?
Ons reis eindig nie hier nie; ons sal aanhou om inhoud te skep waarby spelers aansluiting sal vind, en sal seker maak dat Honkai: Star Rail ’n onvergeetlike en buitengewone ervaring bly. Die intergalaktiese reis sal in 2024 ’n nuwe hoofstuk binnegaan – ’n ongekarteerde gebied genaamd Penacony. Bly asseblief ingeskakel vir meer opwindende avonture agter die sterre aan!