Ipsos MediaCell+

100 k+
Aflaaie
Inhoudgradering
Almal
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent

Meer oor hierdie app

Ipsos MediaCell+ kan slegs per uitnodiging gebruik word en is slegs bestem vir geskikte, vrywillige deelnemers aan Ipsos se marknavorsingsaktiwiteite.

Ipsos MediaCell+ is ’n marknavorsingstoepassing wat inligting omtrent u toestel en u mediagebruike passief insamel. Dit sal ons kliënte help om die toekoms van die uitgewersbedryf en media in die wêreld te herskep.

U moet slegs die kennisgewings en toestemmings wat verskyn aktiveer en die toepassing in die agtergrond van die foon laat hardloop en u is dan gereed! U sal dus beloon word, en hoe langer u voldoen aan ons eenvoudige reëls, hoe meer belonings kan u verdien.

Ipsos MediaCell+ gebruik ’n VPN-diens ten einde u webverkeer te monitor. Hierdie interne VPN is nie ’n eksterne bediener in die toestel nie en wysig nie u netwerkverkeer op enige manier nie. Die Ipsos MediaCell+-toepassing sal ook die toestel se mikrofoon gebruik om te luister vir gekodeerde oudio of om digitale oudi-vingerafdrukke te genereer ten einde die TV- of radiostasies te meet waarop u ingestel is; dit sal nooit enige oudio opneem nie.

Ipsos beskou die verantwoordelikhede in ’n baie ernstige lig ten opsigte van die sekuriteit en vertroulikheid van inligting wat aan ons voorsien word deur diegene wat deelneem aan die navorsing wat ons uitvoer.

HIERDIE APPLIKASIE GEBRUIK TOEGANKLIKHEIDSDIENSTE
Slegs as uitdruklike toestemming verleen is, gebruik ons die Android Accessibility Service (AccessibilityService API) om u toestelprogram, media en webgebruik in te samel. Ons lees geen inhoud van enige boodskappe, e-pos, bankwese of ander sensitiewe toepassings of webwerwe nie. Alle data word saamgevoeg met dié van ander programgebruikers sodat u nie geïdentifiseer kan word nie.

HIERDIE APPLIKASIE GEBRUIK VPN-DIENSTE
Hierdie applikasie gebruik VPN-dienste. Ipsos MediaCell + gebruik 'n VPN met toestemming van die eindgebruiker. Die VPN versamel webgebruiksdata op hierdie toestel en die data word ontleed as deel van 'n intekeningmarknavorsingspaneel.

• Ons neem elke voorsorgmaatreël ten einde te verseker dat ons wettige, regulatoriese en etiese verpligtinge nakom, insluitende GDPR en die Marknavorsingsgemeenskap se Gedragskode.
• Ons sal nooit u persoonlike inligting oordra, verkoop of versprei nie
• Ons samel nie die inhoud van e-posse, SMS’e of ander boodskappe wat u stuur in nie.
• Alle data wat vanaf die selfoontoestel na ons bedieners oorgedra word, is geënkripteer met publieke/private sleutelenkripsie voor die oplaaiproses en dit word ook met HTTPS oorgedra.
• Ons samel nie data van persoonlike webtuistes of toepassings, soos bankwese, in nie.
• Die toepassing kan te eniger tyd gedeïnstalleer word om enige verdere data-insameling te staak.

Vrywaringskennisgewing:
• Wanneer u die paneel verlaat, is dit u verantwoordelikheid om die toepassing en VPN-sertifikaat te deïnstalleer ten einde verdere data-insameling te voorkom.
Opgedateer op
02 Sep. 2025

Dataveiligheid

Veiligheid begin wanneer jy verstaan hoe ontwikkelaars jou data insamel en deel. Praktyke vir dataprivaatheid en -sekuriteit kan verskil op grond van jou gebruik, streek en ouderdom. Die ontwikkelaar het hierdie inligting verskaf en kan dit mettertyd opdateer.
Geen data word met derde partye gedeel nie
Kom meer te wete oor hoe ontwikkelaars datadeling verklaar
Hierdie app kan die volgende datasoorte insamel
Persoonlike inligting, Gesondheid en fiksheid en 4 ander data
Data word geënkripteer tydens oorgang
Jy kan versoek dat data uitgevee word