Die Golwe

· Dutch Venture Publishing
Rafbók
150
Síður
Gjaldgeng

Um þessa rafbók

My eerste herinnering aan my oupa is van 'n oomblik wat ons gedeel het.

Ek sit op sy knie en kyk uit oor die hawe. Oupa rook 'n pyp. "Kyk, Walt, daar is ons skepe. En eendag gaan daar een wat selfs mooier is, op die horison verskyn. 'n Magtige skip wat ons almal gaan kom haal."

"Waarheen, Oupa?" vra ek nuuskierig.

Hy bly stil. "Niemand weet presies nie," sê hy uiteindelik. "Maar dit maak nie dat dit minder fantasties is nie. Eendag gaan daardie skip inkom. En Annabelle sal op die voordek staan met ope arms om ons aanboord te verwelkom."

Die godin met die swart hare wat in die wind waai, soos uitgebeeld teen die grootste muur in ons tempel.

"Hoekom vaar ons nie self na haar toe nie?" wil ek weet.

"Omdat sy belowe het sy sal kom," antwoord Oupa. "En ons maak staat op daardie belofte. Dit is net die Ongelowiges wat dink hulle kan alles self doen. Hulle glo glad nie in die godin nie."


Walt woon in Hoophawe, 'n eilandgemeenskap wat hulle vertroue plaas in redding van die anderkant van die see af. Die dorpsmense wag geduldig, bou skepe om uit te vaar om hulle godin te verwelkom, en besoek elke week vroom die tempel. Gruwelstories omtrent die Ongelowiges wat aan die anderkant van Tresco woon, word vertel om hulle kinders bang te maak.

Maar alles is nie soos dit lyk nie. Walt het vrae wat niemand kan beantwoord nie, en wanneer sy beste vriend en neef, Yorrick, in 'n ongeluk sterf, grawe hy dieper om die waarheid uit te vind omtrent die oorsprong van die Hoophawegemeenskap... en die geheime van die tempel.

Keer terug na die wêreld van Die Eiland, en ontdek hoe Walt se lewe was voor en nadat hy Leia ontmoet het! 


Um höfundinn

Jen Minkman (1978) is in Nederland gebore, en het in Oostenryk, Belgie en Groot Brittanje gewoon tydens haar studentejare. Sy het op die ouderdom van drie jaar leer lees en het sedertdien nog nie opgehou nie. Haar geliefkoosde onderwerpe is (jeugboeke) paranormaal/fantasie, wetenskapsfiksie, distopies en romans, en dit word weerspieel in die boeke wat sy skryf. In haar eie land is sy as handelsgepubliseerde skrywer bekend vir haar paranormale romans en kinderboeke. In die buiteland gee sy self haar gedigte, paranormale romans en distopiese fiksie uit. Sy woon tans in Den Haag saam met haar man en twee raserige sebravinkies.

Gefa þessari rafbók einkunn.

Segðu okkur hvað þér finnst.

Upplýsingar um lestur

Snjallsímar og spjaldtölvur
Settu upp forritið Google Play Books fyrir Android og iPad/iPhone. Það samstillist sjálfkrafa við reikninginn þinn og gerir þér kleift að lesa með eða án nettengingar hvar sem þú ert.
Fartölvur og tölvur
Hægt er að hlusta á hljóðbækur sem keyptar eru í Google Play í vafranum í tölvunni.
Lesbretti og önnur tæki
Til að lesa af lesbrettum eins og Kobo-lesbrettum þarftu að hlaða niður skrá og flytja hana yfir í tækið þitt. Fylgdu nákvæmum leiðbeiningum hjálparmiðstöðvar til að flytja skrár yfir í studd lesbretti.