Tania Brink is die dogter van twee baie normale ouers en die eienaar van ’n baie abnormale hond. Vandat sy vyf jaar oud is, is haar grootste droom om stories te skryf. Sy beskryf haar verhale as “stroperige liefdesverhale vir tieners wat siek en sat is vir stroperige liefdesverhale”. Haar gunsteling-tydverdryf is om op maanligaande op die strand perd te ry. Ongelukkig bly sy deesdae baie ver van die see. Sy glo in die krag van die liefde, die wonder van sonroom, prinse op wit perde, en Sondagmiddagslapies. Sy het reeds vier ATKV-Kinderboek-toekennings gewen.