Hou u van die maan? Indien wel, is Maanfases die regte maantoep vir u. Verken elke maanfase met hierdie 3D maansimulasie. Dit bevat 'n atlas, maandelikse maankalender, intydse maanmuurpapier, maanfases wat u kan kontroleer vir jag- en hengelvoorspellings, 'n boere-almanak, geriefie, astrologiese diereriemtekens en nog meer om die komende volmaan, nuwemaan en verduistering na te speur.
Hou die maan in u hand met hierdie 3D simulasie van maanfases met intydse bygewerkte data. Vee heen en weer om deur die maanfases te gaan. Hierdie toep bevat al die data wat u benodig, insluitend tye wanneer die maan opkom en sak, maanverligting, fasenaam, astrologiese diereriemteken en die afstand na die maan – alles saamgevat in 'n pragtige, elegante maantoep wat prettig is om te gebruik. Dit het selfs 'n maandelikse maankalender sodat u kan sien hoe die maan met verloop van tyd gaan lyk.
Hierdie toep is 'n doeltreffende manier om tred te hou met die maan en sy fases, die maankalender en enigiets anders in verband met die maan.
Hooffunksies:
Herinnerings vir maanfases: Skep 'n herinnering vir spesifieke maangebeurtenisse/astrologiese diereriemtekens of kies u eie dag/tyd. Is daar 'n komende maangebeurtenis? Stel vroegtydig 'n alarm en maak seker u loop nie 'n maansverduistering of maanfasejag- of hengelavontuur mis nie.
Volg al die maansiklusse na (insluitend volmaan, nuwemaan, kwynende bolmaan, groeiende sekelmaan, eerste kwartier en nog meer) deur intydse maanmuurpapier of deur maanfasekalendertoep. Sien hoe die maan tydens elke fase lyk, insluitend die totale sonsverduistering.
Sien die huidige maanfase deur middel van 'n 3D NASA-simulasie: U kan selfs sien hoe die skaduwees verander. 'n Intydse maanmuurpapier en geriefie is ingesluit, dus hoef u nie eers die toep oop te maak om altyd te weet watter maanfase dit tans is nie.
Tye wanneer maan opkom en sak: Kyk na vandag s'n of kyk in die toekoms of verlede vir bygewerkte tye.
Jag- en hengelvoorspelling:Voordat u gaan jag of hengel, maak seker wat die maanfase is op die plek waar u gaan wees.
Vind die volgende volmaan of nuwemaan:U kan op 'n knoppie druk om na die volgende volmaan of nuwemaan te gaan.
Interaktiewe en leersame gratis maantoep:Sleep die maanfase gladweg heen en weer met u vinger. U kan dit selfs ""tol"" om vinnig vorentoe en agtertoe te beweeg. - Sien die huidige datum, afstand, fasenaam, astrologiese diereriemteken en maanverligtingspersentasie; bygewerk in werklike tyd. GPS-speuring van u halfrond en ligging om seker te maak die maan lyk vir u reg.
Sien die maan se librasies (skommelings) soos dit sy wentelbaan om die aarde voltooi.
Besigtig kraters en maanlandingsplekke: Knyp-zoem die maan vir 'n volledige maanatlas met ruimtetuiglandingsterreine, see en groot kraters.
Deel met vriende: Deel u beelde op al die gewilde sosiale netwerke.
Maangebeurteniskalender: Herinnerings vir groot maangebeurtenisse sodat u nie enige skouspelagtige maangebeurtenisse misloop wat vandeesmaand gaan plaasvind nie.
Die agt maanfases wat deur hierdie toep gedek word is:
nuwemaan
groeiende sekelmaan
eerste maankwartier
groeiende bolmaan
volmaan
kwynende bolmaan
laaste maankwartier
kwynende sekelmaan
Ontwikkel deur M2Catalyst. E-pos ons gerus indien u enige vrae het of as u enige probleme ervaar met u spesifieke Android-model. Ons hoor ook graag u idees ten opsigte van funksies.
Maantoepbeelde geskep deur NASA/Goddard Ruimtevlugsentrum se wetenskaplike visualiseringsateljee
Opgedateer op
05 Sep. 2024