Jeff Kinney is USA Today, New York Times en Wall Street Journal se #1 topverkoperskrywer van die Wimpy Kid-reeks en het ses keer die Nickelodeon “Kids’ Choice Award for Favorite Book” verwerf. Kolskoot, Boek 16, is in November 2021 uitgegee en was in ’n kits ’n wêreldwye #1 topverkoper. Dagboek van ’n Vreeslike Vriendelike Outjie: Rowley Jefferson se Joernaal het in April 2019 verskyn en was dadelik ’n internasionale topverkoper. Dit is sedert sy verskyning steeds bo aan die New York Times se topverkoperlys, saam met die opvolgboek, Rowley Jefferson se Vreeslike Vriendelike Avontuur. Jeff is benoem as een van die tydskrif Time se 100 Mees Invloedryke Mense in die Wêreld en is een van die 10 topverkoperskrywers nog. Hy is ook die skepper van Poptropica, wat as een van Time se 50 Beste Webwerwe bekroon is. Hy het naby die Washington, D.C., omgewing grootgeword en in 1995 na New England verhuis. Jeff woon saam met sy vrou en twee seuns in Massachusetts, waar hulle ’n boekwinkel, An Unlikely Story, besit.