Nerine le Roux woon in Pretoria saam met haar man en twee dogters. Hulle reis graag en deel ’n liefde vir geskiedenis en vreemde plekke. Sy is mal oor stories en mense. Sy glo liefde is ’n belangrike element in alle mense se lewe en wil graag ’n gelukkige einde vir elke storie hê. Humor is ’n belangrike deel van haar lewe, wat sy gelukkig met die res van haar gesin deel. Sy hou van stap en kuier en werk graag in haar tuin, maar as sy aan die skryf is, moet al hierdie dinge eers wag.