'n
Tasker inprop om WaveUp met Tasker te aktiveer en deaktiveer. Vir die nerdier 😉
Hierdie Tasker inprop is gebaseer op Termux:Task en word ook vrygestel onder die
GPLv3 lisensie. Natuurlik is dit ook oopbron en jy kan die
kode nagaan.
@Termux Span: Baie dankie vir hierdie koel stukkie kode!
Hoe om te gebruik
★ Skep 'n nuwe Tasker Aksie.
★ Kies Inprop in die dialoogvenster "Kies Aksiekategorie".
★ Kies WaveUp in die dialoogvenster "Aksie-inprop".
★ Wysig die konfigurasie om te spesifiseer of WaveUp geaktiveer of gedeaktiveer moet word.
Gebruik hierdie eenvoudige Tasker-inprop om WaveUp na willekeur te aktiveer / deaktiveer.