Die Eiland: 'n distopiese jeugroman

Die Eilandreeks Book 1 · Dutch Venture Publishing
4.3
100 reviews
Ebook
100
Pages
Eligible

About this ebook

'Ek loop aan see toe. Die branders borrel en skuim oor my kaalvoete. Seemeeue skree bokant my kop. Die eindelose oppervlakte van die water strek tot aan die horison, watter kant toe ek ookal kyk.

Ons wereldjie is klein... Ons is op ons eie, en ons het net die Krag diep binne-in ons om op staat te maak. As ek hiervandaan in 'n westelike rigting sou loop, sou ek by 'n versperring kom: die muur. Daaragter is Dwase. Volgens ons voorouers mag ons nie oor die muur klim nie.Die Dwase glo nie in hulle eie Krag nie. In plaas daarvan glo hulle aan iets buite hierdie wereld, wat hulle gaan red.Niemand wil met sulke idiote meng nie.' 

Leia woon op die eiland, 'n wereld waar kinders hulle ouers verlaat wanneer hulle tien jaar oud word, om na hulleself om te sien. Oor hierdie eiland is 'n muur gebou waaroor niemand nog ooit geklim het nie. Die Dwase wat aan die ander kant woon, is nie vatbaar vir rede nie. Hulle glo in illusies. Dit is volgens die Boek, al wat die Oostelike Eilandbewoners se voorgeslagte aan hulle nagelaat het.

Maar dan spoel 'n vreemde man op die strand uit, en Leia ontmoet 'n Dwaas van aangesig tot aangesig. En haar lewe is nooit weer dieselfde nie. Is dit wat sy en haar vriende omtrent die eiland glo, regtig waar?

Of is almal in hulle wereld inderdaad Dwase?


Boek 2 in hierdie reeks is ook beskikbaar!

Ratings and reviews

4.3
100 reviews
Cynthea Kruger
May 5, 2015
Baie goeie leesstof, sal graag nog sulke tipe boeke wil lees! Wel gedaan.
10 people found this review helpful
Did you find this helpful?
Louisa & Susan
March 19, 2017
Fantastiese boek! Die skrywer boei mens tot op die end met n verhaal wat jy nie vooraf kan bepaal wat gaan gebeur nie. Ek kan nie wag om die volgende boek te lees wat oor Walt gaan.
10 people found this review helpful
Did you find this helpful?
Yolandie Botha
March 20, 2019
Het die boek baie geniet, kan nie wag om die 2de een te begin lees nie
Did you find this helpful?

About the author

 Jen Minkman (1978) is in Nederland gebore, en het in Oostenryk, Belgie en Groot Brittanje gewoon tydens haar studentejare. Sy het op die ouderdom van drie jaar leer lees en het sedertdien nog nie opgehou nie. Haar geliefkoosde onderwerpe is (jeugboeke) paranormaal/fantasie, wetenskapsfiksie, distopies en romans, en dit word weerspieel in die boeke wat sy skryf. In haar eie land is sy as handelsgepubliseerde skrywer bekend vir haar paranormale romans en kinderboeke. In die buiteland gee sy self haar gedigte, paranormale romans en distopiese fiksie uit.

Sy woon tans in Den Haag saam met haar man en twee raserige sebravinkies.

Rate this ebook

Tell us what you think.

Reading information

Smartphones and tablets
Install the Google Play Books app for Android and iPad/iPhone. It syncs automatically with your account and allows you to read online or offline wherever you are.
Laptops and computers
You can listen to audiobooks purchased on Google Play using your computer's web browser.
eReaders and other devices
To read on e-ink devices like Kobo eReaders, you'll need to download a file and transfer it to your device. Follow the detailed Help Center instructions to transfer the files to supported eReaders.